top of page
community-new.jpg

GEMEENSKAP

Betrokkenheid

About

Wie is ons?

TD KERK droom van stede wat vol is van God se teenwoordigheid en heerskappy. Ons soek na die genesing, lewe en oorvloed wat net Hy bring.

​

Ons wil God se liefde met alle mense deel. Kom soos jy is!

​

Ons missie is dat mense Jesus sal beleef, mekaar dissipel en hul wêreld verander. Dis ook ons leuse: Beleef Jesus, Dissipel mekaar, Verander jou wêreld!”

​

Ons is volgelinge van Jesus wat by Hom wil in-PLUGG. Dit behels:

​

  • Prys – Om in ‘n lewende en groeiende verhouding met God te staan. Om Vader, Seun en Heilige Gees te ken en te aanbid met passie en opregtheid.

  • Liefhê – Om aan ‘n geestelike familie te behoort en mekaar waarlik lief te hê. Dit sluit in al die mooi “mekaar” begrippe in die Bybel.

  • Uitgee – Om jou gawes en talente te gebruik om God, Sy kerk en ander mense te dien en bedien.

  • Groei – Om in jou karakter te groei om meer soos Jesus te wees.

  • Gaan – Om teenoor almal te getuig van Jesus en dissipels te maak wat dissipels maak.

​​

Waardes

​

TD kerk het 8 kernwaardes wat bepaal hoekom en hoe ons dinge doen:

​

  1. Koninkryk en dissipelskap

  2. Integriteit en uitnemendheid

  3. Groei en reproduksie

  4. Verhouding en gesin

  5. Diensbaarheid en gasvryheid

  6. Sinergie en innovering

  7. Gees-lewe en prosesse

  8. Vrygewigheid en eer

​​

Mandaat

​

TD kerk is soos ‘n rivier wat uit God se teenwoordigheid uit vloei en oral waar ons kom bring ons genesing en lewe. Lees gerus Esegiël 47:1-12.

 

Bestuur

​

TD kerk word bestuur volgens ons visie, missie, waardes en gemeentebeleid. Ons bestuurstruktuur behels ‘n ouderlingraad (OR) wat oorhoofs verantwoordelikheid vir die gemeente neem.  Die OR bestaan uit die visioenêre leier, sekere pastore en vennote. Die OR stel alle voltydse werkers aan, asook die finansiële komitee. Die finansiële komitee monitor maandeliks die geldsake van TD kerk sodat dit met integriteit en wysheid hanteer word. Die voltydse bedieningspan onder leiding van die visionêre leier is dagbestuur. Vir verskeie bedieninge word bedieningsleiers uit die gemeente aangestel onder leiding van die voltydse bedieningspan. Ons behoort aan die Familia Dei netwerk van kerke (www.familiadei.co.za) ‘n streek binne die AGS van Suid Afrika.

 

Ons glo

​

Ons geloofsbelydenis kan gevind word op die webtuiste van die AGS van Suid-Afrika https://afm-ags.org/about-us/confessions-of-faith/

Kontak Info

2 Dobbin St, New Park

Kimberley, 8301

Phone: (+27) 053 831 2345

Email: tddiamandstad@gmail.com

Bankrekening

Sosiale Media

FNB cheque

Acc no: 626 4589 1872

​

SWIFT code: FIRNZAJJ

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • LinkedIn
  • Spotify
  • Apple Music

Kontak ons

Word deel van ons familie.

bottom of page